Red Bull Racing

Daniil Kvyat in Maleisië, 2015
Max Verstappen, in Italië, 2019. Hy is die suksesvolste Red Bull-renjaer tot op hede.

Red Bull Racing is 'n Oostenrykse Formule Eenmotorrenspan wat se werke in Milton Keynes in Engeland gebaseer is. Hulle neem aan die Formule Een-wêreldkampioenskap deel en maak sedert 2019 gebruik van Honda se F1-enjins in hulle renmotors, nadat hul voorheen Renault-enjins gebruik het.

Die span se renjaers van 2009 tot die 2014-seisoen was Sebastian Vettel en Mark Webber gewees. Van die 2016 Formule Een-seisoen tot 2018 was die renjaers Daniel Ricciardo en die Nederlander Max Verstappen. Die paar kon saam agt oorwinnings en 41 podiumplekke oor die drie jaar inpalm, in 'n tyd wat grootliks deur Mercedes gedomineer is.

Die span, wat vanaf 2018 tot 2020 as Aston Martin Red Bull Racing bekend gestaan het, is een van twee Formule Eenmotorrenspanne wat deur Red Bull besit word, 'n vervaardiger van energiedrankies met dieselfde naam. Die ander span is die Scuderia AlphaTauri F1-span (voorheen Toro Rosso) wat in Faenza, Italië gesetel is.

Red Bull borg ook vele ander ekstreme sportsoorte, o.a. in vliegkuns en vryspronge.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search